[:en]
Anglo American is ‘n goed gediversifiseerde mynbou maatskappy. Hulle portefeulje bestaan uit diamante (De Beers -85% belang), platinum (Anglo Platinum – 78% belang) en ystererts (Kumba – 70% belang). Van die ander metale waarin hulle ook ‘n belang het is: koper, nikkel en metalurgiese steenkool. Die afgelope week het Anglo American aangekondig dat hulle die verkoop van hul 88% in die Draytona steenkoolmyn afgehandel het in Australië. Hulle mees onlangse resultate wys dat hulle kontantvloei toegeneem het met 93%. Die groep se EBIDTA (verdienste voor belasting, rente, afskrywings en amortisasie) staan op 45%. Kumba se produksie het weereens verbeter met 8%. Anglo American se algehele produksie het dus met 5% verbeter meesal aangedryf deur De Beers wat met 22% toegeneem het. Anglo American Platinum het ook verras met ‘n betaling van ‘n dividend (R3-49), die eerste in 6 jaar.
- Dit wil voorkom dat die aandeel weereens weerstand rondom R305 gekry het.
- Lyn A (R282-40) is ‘n sterk steun en dit hou die opwaartse momentum in plek sedert Junie 2017.
- ‘n Konsolidasie onder lyn A sal die eerste tegniese swakheid deurgee op die grafiek.
- ‘n Moontlike dubbelhoogte (waarskuwing) pla ook. Onder lyn B (R265-50) sal die waarskuwing bevestig wees en indien die aandeel die formasie se teiken jaag, kan die aandeel na R230 oor tyd. Hou ingedagte dat die dubbelhoogte formasie een van die mees gevaarlikse tegniese formasies is. Wanneer dubbelhoogtes begin uitspeel na onder, kan die belegger aanneem dat die aandeel aan ‘n medium tot langtermyn top werk.
- Vir spekulante – wag dat lyn A in ‘n weerstand verander, verkoop dan of oorweeg selfs ‘n kort onder die lyn, maar gebruik R285 as keerverlies om kapitaal te beskerm. koop bo lyn A, maar gebruik lyn B as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum onder lyn A voortduur, is die teikens na onder R258-41, R250-12, R247-67, R234-88 en R230.
- Vir medium tot langtermyn beleggers – oorweeg om winste vas te sluit wanneer lyn B in ‘n weeklikse weerstand verander.
Laat weet indien daar vrae is.
[:AF]Anglo American is ‘n goed gediversifiseerde mynbou maatskappy. Hulle portefeulje bestaan uit diamante (De Beers -85% belang), platinum (Anglo Platinum – 78% belang) en ystererts (Kumba – 70% belang). Van die ander metale waarin hulle ook ‘n belang het is: koper, nikkel en metalurgiese steenkool. Die afgelope week het Anglo American aangekondig dat hulle die verkoop van hul 88% in die Draytona steenkoolmyn afgehandel het in Australië. Hulle mees onlangse resultate wys dat hulle kontantvloei toegeneem het met 93%. Die groep se EBIDTA (verdienste voor belasting, rente, afskrywings en amortisasie) staan op 45%. Kumba se produksie het weereens verbeter met 8%. Anglo American se algehele produksie het dus met 5% verbeter meesal aangedryf deur De Beers wat met 22% toegeneem het. Anglo American Platinum het ook verras met ‘n betaling van ‘n dividend (R3-49), die eerste in 6 jaar.
- Dit wil voorkom dat die aandeel weereens weerstand rondom R305 gekry het.
- Lyn A (R282-40) is ‘n sterk steun en dit hou die opwaartse momentum in plek sedert Junie 2017.
- ‘n Konsolidasie onder lyn A sal die eerste tegniese swakheid deurgee op die grafiek.
- ‘n Moontlike dubbelhoogte (waarskuwing) pla ook. Onder lyn B (R265-50) sal die waarskuwing bevestig wees en indien die aandeel die formasie se teiken jaag, kan die aandeel na R230 oor tyd. Hou ingedagte dat die dubbelhoogte formasie een van die mees gevaarlikse tegniese formasies is. Wanneer dubbelhoogtes begin uitspeel na onder, kan die belegger aanneem dat die aandeel aan ‘n medium tot langtermyn top werk.
- Vir spekulante – wag dat lyn A in ‘n weerstand verander, verkoop dan of oorweeg selfs ‘n kort onder die lyn, maar gebruik R285 as keerverlies om kapitaal te beskerm. koop bo lyn A, maar gebruik lyn B as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum onder lyn A voortduur, is die teikens na onder R258-41, R250-12, R247-67, R234-88 en R230.
- Vir medium tot langtermyn beleggers – oorweeg om winste vas te sluit wanneer lyn B in ‘n weeklikse weerstand verander.
Laat weet indien daar vrae is.[:]