British American Tobacco het geen bekendstelling nodig nie, maar hulle grootste bedreiging is steeds die verkoop van onwettige sigarette. Dit lei tot 'n verlies van tussen $40-50 biljoen in belasting wêreldwyd. Die maatskappy van onwettige sigarette maak dit die derde grootste tabakmaatskappy in die wêreld. Sowat 8 miljoen volwassenes in SA rook 27 miljard sigarette per jaar. Die jongste statistieke toon dat die Wes-Kaap die meeste rook met 42% mans en een uit elke vier vroue rook.

  • Die aandeel is vas gevang in 'n simmetriese driehoek tussen lyn A (R660-33) en lyn B (R634-12).
  • Die driehoek staan op die punt om na bo te breek. Indien lyn A in ‘n steun kan verander, kan die formasie na bo sy teiken jaag van R740.
  • Onder lyn B sal die formasie van die tafel wees.
  • Daar is ook twee vensters wat hoër wag tussen R716-97 en R720-18 en tussen R777-91 en R785-23.
  • Die 20 en 40 dae bewegende gemiddeldes werk goed op hierdie grafiek, en ons kan sien dat hulle in Mei getoets is, maar die 20 dae bewegende gemiddelde (groen lyn) was nie sterk genoeg om deur die 40 dae bewegende gemiddelde te breek nie. Dit blyk egter of die 20 dae bewegende gemiddelde weer momentum opbou en dit sal as positief beskou word as die gemiddeld deur die 40 dae bewegende gemiddelde breek.
  • Vir spekulante - Koop bo lyn A, maar gebruik R643-96 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens bo is R675, R687-51, R698-34, R716-97 (opening van die venster), R720-18 (sluiting van die venster), R728-91, R734-45 en R740.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers - Die aandeel het begin om 'n basis te bou op 'n week grafiek en dit is duidelik dat hulle die aandeelprys rondom huidige vlakke ondersteun. Doen dieselfde as die spekulante hierbo. Daar is ook 'n positiewe afwyking op die stogastiese op 'n weeklikse grafiek sigbaar, wat positief is.

Laat weet indien daar vrae is.

Frans & Christelle