Hoekom aandele my aan brandrissies herinner.
So effentjies langer as twee dekades gelede het ek ‘n klein plasie noordwes van Pretoria gehad. Dit was vir my my eie klein Tuin van Eden gewees. Met 30 vleisbeeste, 117 skape en baie hoenders (en ek bedoel baie hoenders) was ek uitermate gelukkig. Snags het ek aan die slaap geraak in ‘n stilte wat dié stadsjapie nog nooit ervaar het nie. Dit is net onderbreek deur die jakkalse wat na mekaar roep en af-en-toe, die hoe-hoe-hoe van ‘n uil.…