Caterpillar is die wêreld se vooraanstaande vervaardiger van konstruksie en mynbou toerusting, diesel en aardgas enjins, industriële gas turbines en diesel-elektriese lokomotiewe. Hulle verkoop ook finansiële produkte en versekering aan hulle kliënt via ‘n wêreldwye netwerk. In hulle eerste kwartaal resultate vir 2018 het is ‘n 31% toename in verkope gerapporteer. Hulle het ook $500 miljoen van hulle eie aandele teruggekoop.

  • Die “dooie kruis’ (negatief) fenomeen is bevestig toe die kort 10 week bewegende gemiddelde (blou lyn) deur die langer 20 week bewegende gemiddelde (rooi lyn) gekruis het. Dit word as negatief beskou.
  • Die 10 week bewegende gemiddelde het die 20 week bewegende gemiddelde is voorheen getoets, maar was nie sterk genoeg om na bo te breek nie dit word as negatief gesien.
  • Lyn A ($135-18) is ‘n steun en as hierdie lyn nie 'n steun bly nie kan die afverkoop toeneem.
  • Die coppock aanwyser kon ook nie die seinlyn na bo breek nie. Dit word as negatief beskou.
  • Die aandeel is oorverkoop wat beteken dit kan maklik ‘n herstel lopie inlui, maar as die aandeel nie lyn B ($ 155-23) verander in 'n steun nie, bevestig dit net meer swakte.
  • Bo lyn B kan die dalende wig die aandeel na 'n nuwe rekord hoogtepunt van $178 neem indien die formasie sou uitspeel.
  • 'n Venster wag tussen $138-98 en $139-12.
  • Vir spekulante - Koop bo $136-58 slegs indien u hoop op ‘n herstel lopie, maar gebruik $133-70 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is $138-98, $139-12, $143-90 en $146-12.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers - Gebruik elke bons in die aandeelprys om blootstelling aan die aandeel te verminder solank as wat die 10 week bewegende gemiddelde 'n weerstand van die 20 week bewegende gemiddelde bly.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans & Christelle