Coca Cola het geen bekendstelling nodig vir enige iemand wat al ooit dors was nie. Hulle is genoteer op die New York Stock Exchange. Coca cola is eerste gemerk as 'n senuwee tonikum wat uitputting verlig het. Die eerste Coca-Cola produkte het sowat 9 milligram kokaïen per glas bevat. Dit is in 1903 verwyder. Slegs twee lande in die wêreld verkoop nie Coca-Cola: Noord-Korea en Kuba. Hulle het 'n bedryfsinkomste van $ 7,5 miljard in 2017 gerapporteer.

  • Na die waterval formasie (waarskuwing) begin die aandeel konsolideer.
  • ‘n Konsolidasie, na ‘n groot afverkoop, word altyd gesien dat die ingeligte beleggers gelukkig is met die huidige stand van sake.
  • Die aandeel moet egter bo lyn A ($42-49) beweeg om ‘n herstel lopie aan die gang te sit.
  • Vir spekulant – koop bo lyn A maar gebruik $41-45 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo, bo lyn A is $42-63, $42-89, $43, $43-56, $43-88, $44 en $44-10.
  • Vir medium- tot langtermynbeleggers – Indien u blootstelling aan die aandeel verlang, peusel ook bo lyn A maar hou by dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans & Christelle