[:en]EOH is Suid Afrika se grootste informasie en kommunikasie tegnologie verskaffer. Gedurende Desember 2017 het die aandeel onder erge verkoopdruk deurgeloop toe spekulante omkant gevang was met die skielike daling en nodeloos van die posisies moes sluit. Wanneer beleggers soms glo dat aandele nie net kan daal of styg nie, neem hulle posisies deur rathefboom finansiering toe te pas. Rathefboom finansiering is nie ‘n probleem wanneer die aandeel in die spekulant se rigting beweeg nie, maar indien dit teen die spekulant beweeg, en die spekulant uit geld uit hardloop om die posisie te finansier, word die spekulant gedwing om die posisies te sluit of te verklein. Hierdie aksie sorg gewoonlik daarvoor dat die aandeel dan irrasioneel na ‘n kant toe kan beweeg. Met die daling in Desember het dit ook aan die lig gekom dat van die direkteure van EOH wat ook gespekuleer het in die aandeel ook omkant gevang was.

EOH het intussen mnr Asher Bohbot, ‘n vorige hoof uitvoerende beampte, aangestel om die klem weer op strategiese bestuur te plaas. EOH se Julie 2017 resultate het die maatskappy ‘n 29% toename in bedryfswins rapporteer.

Die daaglikse kersgrafiek het betrekking.

Laat weet indien daar enige vrae is

Frans de Klerk[:AF]EOH is Suid Afrika se grootste informasie en kommunikasie tegnologie verskaffer. Gedurende Desember 2017 het die aandeel onder erge verkoopdruk deurgeloop toe spekulante omkant gevang was met die skielike daling en nodeloos van die posisies moes sluit. Wanneer beleggers soms glo dat aandele nie net kan daal of styg nie, neem hulle posisies deur rathefboom finansiering toe te pas. Rathefboom finansiering is nie ‘n probleem wanneer die aandeel in die spekulant se rigting beweeg nie, maar indien dit teen die spekulant beweeg, en die spekulant uit geld uit hardloop om die posisie te finansier, word die spekulant gedwing om die posisies te sluit of te verklein. Hierdie aksie sorg gewoonlik daarvoor dat die aandeel dan irrasioneel na ‘n kant toe kan beweeg. Met die daling in Desember het dit ook aan die lig gekom dat van die direkteure van EOH wat ook gespekuleer het in die aandeel ook omkant gevang was.

EOH het intussen mnr Asher Bohbot, ‘n vorige hoof uitvoerende beampte, aangestel om die klem weer op strategiese bestuur te plaas. EOH se Julie 2017 resultate het die maatskappy ‘n 29% toename in bedryfswins rapporteer.

Die daaglikse kersgrafiek het betrekking.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans de Klerk[:]