FirstRand is die grootste bank in SA volgens hulle mark kapitalisasie van R413m. Hulle het meer as 44000 werknemers en hul grootste aandeelhouers is Rand Merchant Bank (34%), die Openbare Beleggingskorporasie (9,2%) en hulle werknemers wat 5% van die maatskappy verkry het uit ‘n bemagtigingsooreenkoms. In November verlede jaar het hulle ‘n R20bn oorname van die Aldermore Group in Engeland aangekondig. Hulle tussentydse resultate vir die ses maande geeïndig Desember 2017 het ‘n 9% toename in dividend per aandeel gerapporteer en ‘n 7% toename in genormaliseerde verdienstes.

  • Die momentum is steeds duidelik na onder maar die bul oorheersende kers (positief), dalende wig (moontlik positief), gevorm deur lyn A en lyn B, kan dalk ‘n herstel lopie na bo inlui indien lyn A in ‘n steun kan verander.
  • Die bul oorheersende kers gee die idee dat hier ernstige kopers in die rondte is.
  • Die aandeel is ook oorverkoop.
  • Onder lyn B (R59-41) sal die moontlike positiwiteit verdwyn, maar bo lyn A (R61-15) kan die aandeel ‘n herstel lopie insit na R64-61 indien die formasie sy teiken na bo bereik.
  • Vir spekulante – koop bo lyn A, maar gebruik dan R49-41 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R61-52, R61-77, R62-43, R62-85, R63-47, R63-72 en R64-61.
  • Vir medium tot langtermynbeleggers – die 200 dag bewegende gemiddelde (R61-14) se steun/weerstand word tans beproef. Indien u van die aandeel hou, doen dieselfde as spekulante, maar hou ook by dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante.

Laat weet indien daar vrae is.

Frans & Christelle