Grindrod het hul verskeepsbesigheid ontbondel in 'n afsonderlike notering, met die primere notering van die skeepsbesigheid op die Nasdaq in die VSA en die sekondêre notering op die JSE. Op 19 Junie het die maatskappy die volgende aankondiging gemaak: "Die totale verdienste per aandeel vir die ses maande geëindig 30 Junie 2018 was positief gewees ('n toename van meer as 100%). Die vorige jaar se vergelykende syfers vir die ses maande wat op 30 Junie 2017 geëindig het, het 'n verlies per aandeel van 11,5 sent gereflekteer. Die verbetering is te wyte aan die buitelandse valuta reserwes van die verskepingsbesigheid na die ontbondeling".

  • Die hamer kers (positief) ontstaan nadat die aandeel onder verkoopdruk deurgeloop het. Die hamer impliseer dat kopers in swakte aan die aandeel gepeusel het en dat die hamer dalk laagtepunte uitkap.
  • Die aandeel is vasgevang binne 'n ontwikkelende dalende wig (positief) tussen lyn A (R8-49) en lyn B (R7-47). Die kanaal sal bo lyn A bevestig word wat die aandeel kan neem na R9-20 en onder lyn B sal die formasie van die tafel wees.
  • Die fundamentele venster geskep deur die ontbondeling is steeds sigbaar tussen R10-06 en R12-68. Tegniese ontleders weet dat vensters gewoonlik toemaak. Dit kan egter weke, maande of selfs jare duur.
  • Vir spekulante - Koop bo lyn A (R8-49), maar gebruik lyn B as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R8-59, R8-71, R8-80, R8-90, R9-03 en R9-20.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers - Die aandeel is oorverkoop, wat dalk een of andertyd ‘n herstel lopie kan inlui. Ons sal egter eers ‘n hoër laagtepunt op die weeklikse grafiek wil sien voordat ons begin akkumuleer. Maar as jy gretig is om te begin peusel, doen dieselfde as die spekulante hierbo.

Laat weet indien daar enige vrae is

Frans & Christelle