Impala is een van die wêreld se grootste platinumgroepmetaalprodusente. Die maatskappy sukkel steeds om beleggersaptyt te kry, maar as die Rand in tyd verder verswak en die platinumprys dalk verder kan kop optel, veral tot bo $1000 per fyn onse, kan die sukkelende maatskappy dalk weer ‘n goeie tyd inlui vir beleggers met wat ‘n aptyt vir risiko het. Onlangse resultate wys dat verdienste per aandeel beïnvloed is deur waarde dalings van R13,6 miljard, hoofsaaklik weens die herstrukturering van Impala Rustenburg. Tonne gemaal het met 5,6% gestyg en platinum in gekonsentreerde onse was 1% hoër as gevolg van sterk bedryfsprestasies regoor die groep.

  • Die kruis van die 26 en 9 dae bewegende gemiddeldes en die aandeel wat steeds hoër vlakke toets na maande se dalings, het ons die eerste sein gegee dat ‘n beter aandeelprys dalk in die toekoms te wagte kan wees.
  • Die aandeel is steeds vasgevang binne 'n dalende kanaal (moontlik positief). Indien die aandeel bo lyn A (R19-82) kan konsolideer, kan ons aanneem dat die dalende kanaal na bo wil breek.
  • Die teiken prys van die formasie is R25 indien die formasie sou uitspeel na bo, en die eerste tekens van swakheid sal weer onder R16-41 sigbaar wees.
  • Die MACD het ook opgebreek bo die nul lyn, wat ook as positief beskou word.
  • Vir spekulante - Koop of oorweeg 'n lank bo lyn A, maar gebruik R16-41 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R21-03, R21-79, R22-40, R23-02, R23-89, R24-75 en R25.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers - Die aandeel het opgehou om laer vlakke te bereik die afgelope 6 weke wat as positief beskou word, maar die eerste teken van optimisme sal sigbaar wees wanneer die aandeel die 40 week bewegende gemiddelde (R24-03) verander in 'n steun.

Frans en Christelle