Lonmin is 'n Britse vervaardiger van platinumgroepmetale wat in die Bosveld bedryf word. Hulle is genoteer in Londen (FTSE) en in Suid-Afrika (JSE). Die afgelope week het die CMA (British Competition and Markets Authority) genoem dat hulle ondersoek instel of die oorname deur Sibanye-Stillwater die kompetisie sou verminder binne die sektor. As hierdie oorname van R4 biljoen sou voortgaan, sal Sibanye-Stillwater die tweede grootste platinumprodusent ter wêreld word. Lonmin benodig R1 biljoen per maand om hul besigheid te bedryf. Die Reserwe Bank het ook ook die afgelope week hulle toestemming gegee vir die oorname. In hul tweede kwartaal se produksieverslag het hulle 'n styging in eenheidskoste van 12,4% vir die kwartaal gerapporteer, wat hoofsaaklik deur die loonverhoging van 8% gedryf word.

  • ‘n Hoog spekulatiewe geleentheid wag dalk in Lonmin.
  • Die aandeel is vasgevang in ‘n dalende kanaal (moontlik positief).
  • Bo lyn A (R8-83) kan die kanaal na bo breek en die aandeel na R11-86 neem indien die formasie na bo sy teiken bereik.
  • Bo lyn B (R8-74) kan die aandeel dalk spekulante se oog vang en ‘n poging aanwend om die vensters tussen R9 en R9-03 en tussen 9-73 en R10-18 en R10-18 en R10-33 aan te durf.
  • Onder R8-04 sal die positiwiteit van die tafel verdwyn.
  • Vir spekulante - peusel bo lyn B, verhoog blootstelling bo lyn A, maar gebruik R8 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is die venster soos bo deurgegee.
  • Vir medium tot langtermynbeleggers – kom ons wag geduldig vir meer duidelikheid op die grafiek.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans & Christelle de Klerk