Die Mr Price Groep is 'n publieke kleinhandelaar met handelsname soos Mr Price klere, Mr Price Home & Mr Price Sport. Hul groepresultate vir die jaar geëindig Maart 2018 het 'n styging van 8% in totale inkomste gerapporteer. Hulle het ook 'n verhoging van 21,1% in verwaterde wesensverdienste per aandeel gerapporteer. Die maatskappy het 57 nuwe winkels vir die jaar geopen en hulle het op die einde van die jaar 1 258 maatskappye besit.

  • Die 20 en 40 dae bewegende gemiddeldes bevestig dat die momentum na onder steeds in plek is.
  • Die 20 dae bewegende gemiddelde lyk op die punt om na bo te draai en 'n breek van die kort gemiddeld deur die 40 dae bewegende gemiddelde sal die optimisme bevestig.
  • 'n Dubbellaagte, wat gesien word as ‘n positiewe beweging, is bevestig met 'n sluit bokant lyn B (R231-67). Die teiken van die dubbellaagte is R250 indien die formasie na bo uitspeel, en onder R212-35 sal die formasie van die tafel wees.
  • Lyn A (R232-12) wat sedert April vanjaar die momentum na onder in plek gehou het word tans getoets.
  • Vir spekulante - Koop bo lyn B (R231-67), maar gebruik R210-66 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R235-70, R238-77, R240-93, R243-09, R245-76 en R250.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers – Wag geduldig dat die gemiddeldes eers kruis en dat lyn A ‘n behoorlike steun word vir ten minste 2 weke. Peusel dan, maar hou by dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante.

Frans & Christelle de Klerk