MTN is die tweede grootste telekommunikasiemaatskappy in Suid-Afrika, volgens markkapitalisasie. Die kwartaallikse opdatering (Maart 2018) vir die groep op 'n kwartaal tot kwartaal basis het 'n toename van 1,9% in intekenare gerapporteer. Aktiewe mobiele kliënte het met 3,9% toegeneem tot 22,7 miljoen intekenare. MTN Suid-Afrika het diensinkomste met 2,5% verhoog en MTN Nigerië het diensinkomste met 14,4% toegeneem.

  • Lyn A (R107-90) wat die momentum na onder in plek gehou het, het in ‘n steun verander wat as positief beskou word.
  • Die MACD het ook opwaarts gedraai wat as positief beskou word.
  • Die naaldekoker kers (positief) impliseer dat die kopers in swakte aan die aandeel begin peusel het.
  • Dit lyk asof die 9 dae bewegende gemiddelde (groen lyn) opwaarts wil draai. 'n Breek van die 9 dae deur die 26 dae bewegende gemiddelde sal 'n goue kruis bevestig wat optimisme sal bevestig.
  • Vir spekulante - Koop bo R109-20 maar gebruik R102 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R111-80, R113-35, R114-62, R115-90, R117-70 en R120.
  • Vir medium tot langtermynbeleggers - Die aandeel konsolideer nog onder sy 40 week bewegende gemiddelde (R123-82) op 'n weeklikse grafiek wat negatief beskou word. Slegs bo die gemiddelde sal ons weer gemaklik voel vir die medium tot lang termyn.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans & Christelle