PSG die onafhanklike finansiële dienste groep het PSG Wealth, PSG Batebestuur en PSG Insure onder hul sambreel. Hulle het meer as 200 kantore in SA, 2 in Namibië en 1 in Mauritius. Hulle finansiële resultate vir die jaar geeïndig Februarie 2018, het ‘n toename van 7% in herhaarlde verdienste gerapporteer en ‘n 11% toename in dividend per aandeel. Hulle dividend obrengs staan tans op 1.83%.

  • Die aandeel het die boonste weerstand van die kanaal by lyn A (R228-90) gaan toets
  • As die aandeel daarin slaag om lyn A 'n steun te hou ten spyte van die oorkoopte stogastiese indikator kan die kanaal die aandeel na R258 neem indien die formasie na bo uitspeel.
  • Die 26 en 9 dae bewegende gemiddeldes bevestig dat die momentum na bo nog in plek is.
  • Die tol kerse (waarskuwing) wys dat daar onsekerheid onder beleggers heers en dui aan dat daar dalk winsneming kan kom met die oorkoopte stogastiese indikator. Hierdie twee kerse verteenwoordig ook ‘n haarnaaldboog hoogte wat ook ‘n waarskuwing aan beleggers rig.
  • Daar wag 'n venster tussen R217-03 en R217.
  • Vir spekulante – verkoop of oorweeg 'n kort onder lyn B (R224-21), maar gebruik lyn A as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na onder is R222-68, R221-48, R220-63, R219-78, R218-74, R217-06 en R217.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers - Ons sal slegs gemaklik voel oor die aandeel op 'n weeklikse grafiek wanneer die 40 week bewegende gemiddelde (R234-62) in 'n steun verander.

Frans & Christelle de Klerk