Remgro is 'n beleggingsbeheermaatskappy, met 'n uiteenlopende beleggingsportefeulje in meer as 30 maatskappye. Hulle het 'n belang van 44,6% in Medi-Clinic, 'n belang van 28,2% in RMB Holdings, 25,8% in Unilever, 50% in Air Products en 32.3% in eMedia, net om 'n paar te noem. Hul jongste tussentydse resultate vir die tydperk geëindig Desember 2017 het 'n daling van 10,4% in wesensverdienste gerapporteer en hul intrinsieke netto batewaarde is as R265-84 gerapporteer.

  • Die dalende wig (moontlik positief) wil na bo breek.
  • Bo lyn A (R207-67) kan die formasie na bo nuwe momentum aan die gang sit, en die teiken jaag van R216-78 indien die formasie na bo uitspeel.
  • Indien die momentum behoorlik aan die gang kom, kan die aandeel dalk weer terug na die 200 dae bewegende gemiddelde (R221-06).
  • Die stogastiese indikator wys ook ‘n tegniese positiewe afwyking. Dit word ook as positief gesien.
  • Onder R203-01 sal die positiwiteit van die grafiek verdwyn.
  • Vir spekulante – koop bo lyn A, maar gebruik dan R203-01 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R208-34, R210-44, R212-63, R214-45 en R216-78.
  • Vir medium tot langtermynbeleggers – die ou staatmaker stel selde teleur. Indien u wil, peusel saam met die spekulante, maar hou by dieselfde keerverlies as deurgege aan spekulante.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans & Christelle