Die eiendomsgroep Resilient het nie net beskuldigings van markmanipulasie gehad nie, maar was ook die fokus van 'n kriminele ondersoek. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle hul inkomste en netto batewaarde kunsmatig vergroot. Op die 10de April het die onafhanklike ondersoek van Mnr Fakie sy verslag bekendgemaak. Volgens sy onafhanklike oorsig was daar geen bewyse van uitvoerende wangedrag of enige oortredings nie. Daar was ook geen bewyse van markmanipulasie of insiderhandel nie.

  • 'n Moontlike omgekeerde kop en skouer formasie (positief) is sigbaar met die neklyn wat wag by lyn A (R68-80).
  • Die formasie sal bevestig word wanneer lyn A in 'n steun verander. Die konserwatiewe teiken van die formasie is R78-17 en die volle teiken van die formasie is R95.
  • Onder R58-20 sal die formasie van die tafel afgevee word.
  • Die 26&9 dae bewegende gemiddelde het alreeds gekruis wat as tegnies positief gesien word.
  • Vir spekulante - Koop bo lyn A, maar gebruik R58-20 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R72-14, R75-08, R78-17, R80-45, R81-75, R83-64, R85-45, R87-12, R89-11, R91-45, R92-63 en R95.
  • Vir medium- tot langtermynbeleggers - Daar is ook 'n omgekeerde kop en skouer formasie op die weeklikse grafiek. Doen dieselfde as die spekulante hierbo.
  • Nota – Hou in gedagte op die 7de Mei gaan ‘n distribusie plaasvind. Vir elke 1 Resilient aandeel gaan jy 0.4 Fortress aandele ontvang.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Groete

Frans & Christelle