Royal Bafokeng Holdings (RBH) is 'n Afrika-beleggingsmaatskappy wat saam met sy enigste aandeelhouer, die Royal Bafokeng Nation Development Trust (RBNDT), die unieke verantwoordelikheid het om die finansiële kapitaal van die Royal Bafokeng Nation (RBN) te behou, te groei en sy langtermyn toekoms te verseker. RBH bestuur 'n portefeulje met 'n netto batewaarde van ongeveer R32 miljard (teen Desember 2017) wat bestaan uit genoteerde en ongenoteerde bates in 'n verskeidenheid van sektore, insluitende infrastruktuur, eiendomsdienste, finansiële dienste, telekommunikasie, hulpbronne en nywerhede, wat in diverse geografies gebiede geleë is. Hul jaarresultate vir die jaar geëindig 31 Desember 2017 het 'n toename van 9,4% in ton gemyn gerapporteer, en hulle het daarin geslaag om hul EBITDA (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie) met 16,4% te verbeter.

  • Die moontlike dubbellaagte (positief) maak ons tegnies opgewonde oor ‘n moontlike herstel lopie na bo.
  • Bo lyn A (R28-24) kan die eerste teken van ‘n herstel lopie plaasvind en bo lyn B (R31-29) kan ons aanneem dat die tendens na bo wil swaai.
  • Die dubbellaagte se positiwiteit sal egter eers bo lyn C (R54-44) bevestig wees.
  • Onder R19-95 sal die positiwiteit van die moontlike dubbellaagte van die tafel wees.·         Vir spekulante – koop bo lyn A maar gebruik R19-95 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R28-64, R28-89, R29-34, R29-59, R30-44, R30-88, R31-29, R31-65 en en R32-70.·         Vir medium- tot langtermynbeleggers – sit eers op julle hande.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans de Klerk