South 32 is 'n goed gediversifiseerde mynbou - en minerale maatskappy wat in Suid-Afrika, Londen en Australië genoteer is. Hul jongste kwartaallikse verslag het 'n beter kontantposisie gerapporteer. Die maatskappy het ook daarin geslaag om 176 miljoen van hul eie aandele terug te koop. Hul Brasilië Alumina-verkope het met 1% gedaal vir die nege maande wat in Maart 2018 geeïndig het. Die SA steenkool produksie het met 6% gedaal, terwyl uitvoerverkope met 11% toegeneem het. Die prysverdienste verhouding van die aandeel is 12 en die dividend opbrengs van die aandeel is 3,79%.

  • Die aandeel is oorverkoop, wat die waarskynlikheid van 'n herstel lopie moontlik maak.
  • Die aandeel word vasgevang binne 'n dalende kanaal tussen lyn A (R35-62) en lyn B. Die formasie sal slegs bevestig word wanneer die aandeel bo lyn A begin konsolideer.
  • Onder lyn B sal die formasie van die tafel gevee word en die teiken van die formasie is R37-80 indien die formasie sou uitspeel.
  • Die 26 en 9 dae bewegende gemiddeldes bevestig dat die momentum na onder steeds in plek is.
  • Daar is ook steeds ‘n venster oop tussen R37-21 en tussen R37-27. ‘n Venster is altyd aantreklik vir spekulante, want dit kan dalk sluit as ‘n herstel lopie plaasvind.
  • Vir spekulante - Oorweeg 'n koop bokant lyn C (R35-23), maar gebruik R33-88 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R35-56, R35-89, R36-15, R36-42, R36-79 en R37-27.
  • Vir medium tot langtermyn beleggers – Wag geduldig dat lyn A in ‘n steun verander vir ten minste 2 weke. Peusel dan maar hou by dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante.

Laat weet indien daar vrae is.

Frans & Christelle