Talle beleggers wil graag blootstelling aan buitelandse aandele hê, maar wil nie graag fisiese geld na die buiteland toe stuur nie, en wil die belegging in Rand doen. Dan is die Sygnia World Index fonds ‘n opsie. Die Sygnia ITRIX MSCI World Index ETF (beursverhandelde fonds) kan op enige ekwiteits (aandele) rekening gekoop word.

Die samestelling van die fonds op die oomblik is dat die Verenigde State 57,1% verteenwoordig van hierdie indeks, gevolg deur Japan 9,1%, Brittanje 6,1%, Frankryk 3,7%, Duitsland 3,5%, Switserland 3,2% en ander. Die sektor wat die meeste blootstelling geniet is die finansiële sektor met 'n blootstelling van 18,4%, gevolg deur die inligtingstegnologie-sektor met 'n blootstelling van 17,8%.

  • Na weke se dalings verander die 30 dae bewegende gemiddelde (R25-27) weer in ‘n steun.
  • Die dalende wig (moontlik positief) vang ook die oog.
  • Bo lyn A (R25-43), kan die dalende wig momentum na bo opbou en die aandeel na R26-76 neem indien die formasie na bo sy teiken bereik.
  • Onder R24-42 sal die positiwiteit van die formasie van die tafel gevee word.
  • Vir spekulante - Koop bo lyn A, maar gebruik R24-24 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R24-72, R25-07, R25-54, R26-12 en R26-76.
  • Vir medium- tot langtermynbeleggers – peusel ook bo lyn A, en hou by dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante.

Laat weet gerus indien daar enige vrae is.

Frans de Klerk