Letterlik. Clicks Group, sowel as Dis-Chem, het eksponensieel goeie groei getoon sedert hulle op die JSE genoteer is. Vir Clicks was die groot jaar 1996 en vir Dis-Chem was dit in November 2016. Clicks Group bestaan uit verskeie van die voorste kleinhandel-markleiers in die land, te wete GNC, The Body Shop, Claire’s, Musica en Clicks. Die groep het meer as 870 winkels oor Suider-Afrika heen en besit die grootste kleinhandel-apteekgroep in die streek met meer as 545 in-winkel-apteke. United Pharmaceutical…