Nedbank is volgens markkapitalisasie (R44 miljard) die vyfde grootste bank in Suid-Afrika. Hul finansiële resultate vir die periode geëindig Desember 2019, het die volgende berig: wesensverdienste het met 7,3% gedaal, omset met 2,5% hoër en netto batewaarde per aandeel het met 3,7% gestyg. Die stogastiese aanwyser is oorverkoop, wat die moontlikheid vir ‘n bons na bo meer waarskynlik maak. Die aandeel is vasgevang in die wig tussen lyn A (R91-09) en lyn B. Die optimisme van die formasie sal bo…