Tiger Brands, 'n top 40 maatskappy, is een van die grootste vervaardigers en bemarkers van FMCG (vinnig bewegende verbruikersgoedere) oor die vasteland van Afrika. Sommige van hul gewilde handelsmerke wat maklik herken word, is Mrs. Ball’s Chutney, Albany brood, Cross & Blackwell mayonnaise, Jungle Oats, Tastic Rys, Black Cat grondboontjiebotter, Koo-blikkies kos, Doom en All Gold produkte. Hul jongste finansiële resultate vir die ses maande wat in Maart 2018 eindig, het 'n afname van 4% in inkomste gerapporteer. Bedryfsinkomste het met 8% gedaal en wesensverdienste per aandeel het met 16% gedaal.

  • Die aandeel is vasgevang in 'n dalende wig tussen lyn A (R326-27) en lyn B (R303-80).
  • Bo lyn A kan die formasie die aandeel na R363-65 neem indien die volle formasie sou uitspeel.
  • Die 26 en 9 dae bewegende gemiddeldes bevestig dat die sentiment vir medium tot langtermynbeleggers steeds negatief is. Eers wanneer hierdie twee gemiddeldes mekaar kruis na bo, kan ons aanvaar dat die sentiment dalk na positief kan verander.
  • Die MACD het tekens van optimisme begin toon, toe dit groen gedraai het.
  • Daar is twee vensters wat hoër wag tussen R409-39 en R421-16 en tussen R438-99 en R441-03.
  • Onder lyn C (R315) kan ons aanvaar dat die aandeel laer af in die wig sal terugtrek.
  • Vir spekulante - Koop eers bo lyn A (R326-27), maar gebruik lyn C as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R334-83, R340-21, R344-56, R348-90, R355-09 en R363-65. Of selfs hoër om die vensters hierbo te sluit.
  • Vir medium- tot langtermynbeleggers - Die momentum na onder is duidelik in plek en hoewel die aandeel sterk oorverkoop is, het ons nog nie bevestiging van 'n omdraai kers nie. Tegnies moet ons eers wag vir 'n omdraai kers voordat ons begin akkumuleer.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Frans & Christelle