[:en]Die plaaslike ekonomie se groei vir 2018 word geskat oor 1.1% deur die Internasionale Monetêre Fonds. Hierdie skatting kom van ‘n uiters lae vlak af, en indien die ekonomie wel kop optel, kan die plaaslike toerisme besigheid ook ‘n hupstoot kry.
Sun International het in Oktober 2017 aangedui dat hulle daadwerklike pogings gaan aanwend om hul skuld situasie aan te spreek. Op daardie stadium het hulle rondom R15,1 biljoen se skuld op hulle boeke gehad. Meeste van die skuld was egter opgebou deur uitbreidings en aankope van bates. Een van die mees onlangse aankope, wat R600 miljoen tot die skuld bygedra het, was die belegging in Time Square. Hulle het ook onder andere uitgebrei in Peru. Die plaaslike mark het hulle goed behandel alhoewel hulle sal poog om besetting van die hotelle te vergroot.
Hou ingedagte dat Sun International hou van ‘n swak Rand want dan kan buitelandse toeriste hul oorde “goedkoop en kompeterend” vind en indien die plaaslike ekonomie goed presteer, sal die normale man op straat dalk oorweeg om meer van hul oorde gebruik te besoek.
Kom ons kyk wat gebeur het op ‘n weeklikse lyn grafiek.
- Die dalende wig (positief) staan op die punt om na bo te breek.
- Lyn A (R66) staan op die punt om in ‘n steun te verander. Bo lyn A kan die wig sy werk begin doen en die aandeel na R81-23 neem indien die formasie sy volle teiken na bo bereik.
- Die 40 week bewegende gemiddelde (R58-46) het ook intussen in ‘n steun verander.
- Die positiewe tegnies totsienskus maak ons ook opgewonde. Die totsienskus het bevestig dat die 40 week bewegende gemiddelde se steun eg is.
- Die Op bewegende gemiddelde (On balance volume), wat gewoonlik aandui dat groter ingeligte beleggers in die aandeel begin belangstel, ook steeds peusel.
- Vir spekulante – indien u alreeds van die aandele besit, verhoog blootstelling bo lyn A maar hou by RR60-08 as keerverlies om kapitaal te beskerm.
- Vir medium en langtermyn beleggers – doen dieselfde as spekulante maar gebruik die 40 week bewegende gemiddelde as keerverlies om kapitaal te beskerm.
Kontak ons gerus vir meer navrae by admin@fransdeklerk.com.[:AF]Die plaaslike ekonomie se groei vir 2018 word geskat oor 1.1% deur die Internasionale Monetêre Fonds. Hierdie skatting kom van ‘n uiters lae vlak af, en indien die ekonomie wel kop optel, kan die plaaslike toerisme besigheid ook ‘n hupstoot kry.
Sun International het in Oktober 2017 aangedui dat hulle daadwerklike pogings gaan aanwend om hul skuld situasie aan te spreek. Op daardie stadium het hulle rondom R15,1 biljoen se skuld op hulle boeke gehad. Meeste van die skuld was egter opgebou deur uitbreidings en aankope van bates. Een van die mees onlangse aankope, wat R600 miljoen tot die skuld bygedra het, was die belegging in Time Square. Hulle het ook onder andere uitgebrei in Peru. Die plaaslike mark het hulle goed behandel alhoewel hulle sal poog om besetting van die hotelle te vergroot.
Hou ingedagte dat Sun International hou van ‘n swak Rand want dan kan buitelandse toeriste hul oorde “goedkoop en kompeterend” vind en indien die plaaslike ekonomie goed presteer, sal die normale man op straat dalk oorweeg om meer van hul oorde gebruik te besoek.
Kom ons kyk wat gebeur het op ‘n weeklikse lyn grafiek.
- Die dalende wig (positief) staan op die punt om na bo te breek.
- Lyn A (R66) staan op die punt om in ‘n steun te verander. Bo lyn A kan die wig sy werk begin doen en die aandeel na R81-23 neem indien die formasie sy volle teiken na bo bereik.
- Die 40 week bewegende gemiddelde (R58-46) het ook intussen in ‘n steun verander.
- Die positiewe tegnies totsienskus maak ons ook opgewonde. Die totsienskus het bevestig dat die 40 week bewegende gemiddelde se steun eg is.
- Die Op bewegende gemiddelde (On balance volume), wat gewoonlik aandui dat groter ingeligte beleggers in die aandeel begin belangstel, ook steeds peusel.
- Vir spekulante – indien u alreeds van die aandele besit, verhoog blootstelling bo lyn A maar hou by RR60-08 as keerverlies om kapitaal te beskerm.
- Vir medium en langtermyn beleggers – doen dieselfde as spekulante maar gebruik die 40 week bewegende gemiddelde as keerverlies om kapitaal te beskerm.
Kontak ons gerus vir meer navrae by admin@fransdeklerk.com.[:]