[:en]Discovery is 'n finansiële dienste groep. Hulle staan bekend as die maatskappy wat mense gesonder maak omdat hulle 'n gesonde lewenstyl beloon, sodat individue baat kan vind by hul mediese fonds, beleggings, versekerings- en aftreeportefeuljes produkte. Hul tussentydse resultate vir die 6 maande geëindig Desember 2017 het 'n toename van 19% in wins uit bedrywighede vir die groep gerapporteer. Discovery Health het 'n styging van 12% in bedryfswins gerapporteer en Discovery-kaart se besigheidsinkomste het met 7% gestyg.
- Hierdie aandeel is erg oorverkoop wat die steun van lyn A (R162-85) meer aantreklik maak.
- Die lang onderste pit op gister se kers impliseer ook dat daar reeds 'n paar kopers is wat aan die aandeel begin peusel het.
- Dit wil voorkom of die 50 dae bewegende gemiddelde (R175-57) uit stoom uit hardloop wat die eerste waarskuwing is vir medium- tot langtermynbeleggers.
- 'n Moontlike dubbeltop is aan die vorm wat onder lyn B (R153-76) bevestig sal word. As die dubbel top uitspeel, kan dit die aandeel tot R140 neem.
- Vir spekulante - Vir 'n moontlike bons, koop bo R168, maar gebruik lyn A (R162-85) as 'n streng keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na die bo is R170-19, R171-45, R172-12, R173-45, R173-61, R176-71 en R178-30.
- Vir medium- tot langtermynbeleggers - Mediumtermynbeleggers moet oorweeg om blootstelling aan die aandeel te verminder wanneer lyn B in 'n weerstand in verander op ‘n week sluit. Langertermynbeleggers moet oorweeg om blootstelling aan die aandeel te verminder wanneer die 50 en 100 dae bewegende gemiddelde mekaar oorskry na die nadeel.
Laat weet indien daar enige vrae is.
Groete
Frans de Klerk[:AF]Discovery is 'n finansiële dienste groep. Hulle staan bekend as die maatskappy wat mense gesonder maak omdat hulle 'n gesonde lewenstyl beloon, sodat individue baat kan vind by hul mediese fonds, beleggings, versekerings- en aftreeportefeuljes produkte. Hul tussentydse resultate vir die 6 maande geëindig Desember 2017 het 'n toename van 19% in wins uit bedrywighede vir die groep gerapporteer. Discovery Health het 'n styging van 12% in bedryfswins gerapporteer en Discovery-kaart se besigheidsinkomste het met 7% gestyg.
- Hierdie aandeel is erg oorverkoop wat die steun van lyn A (R162-85) meer aantreklik maak.
- Die lang onderste pit op gister se kers impliseer ook dat daar reeds 'n paar kopers is wat aan die aandeel begin peusel het.
- Dit wil voorkom of die 50 dae bewegende gemiddelde (R175-57) uit stoom uit hardloop wat die eerste waarskuwing is vir medium- tot langtermynbeleggers.
- 'n Moontlike dubbeltop is aan die vorm wat onder lyn B (R153-76) bevestig sal word. As die dubbel top uitspeel, kan dit die aandeel tot R140 neem.
- Vir spekulante - Vir 'n moontlike bons, koop bo R168, maar gebruik lyn A (R162-85) as 'n streng keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na die bo is R170-19, R171-45, R172-12, R173-45, R173-61, R176-71 en R178-30.
- Vir medium- tot langtermynbeleggers - Mediumtermynbeleggers moet oorweeg om blootstelling aan die aandeel te verminder wanneer lyn B in 'n weerstand in verander op ‘n week sluit. Langertermynbeleggers moet oorweeg om blootstelling aan die aandeel te verminder wanneer die 50 en 100 dae bewegende gemiddelde mekaar oorskry na die nadeel.
Laat weet indien daar enige vrae is.
Groete
Frans de Klerk[:]