[:en]EOH is Suid Afrika se grootste informasie en kommunikasie tegnologie verskaffer. Gedurende Desember 2017 het die aandeel onder erge verkoopdruk deurgeloop toe spekulante omkant gevang was met die skielike daling en nodeloos van die posisies moes sluit. Wanneer beleggers soms glo dat aandele nie net kan daal of styg nie, neem hulle posisies deur rathefboom finansiering toe te pas. Rathefboom finansiering is nie ‘n probleem wanneer die aandeel in die spekulant se rigting beweeg nie, maar indien dit teen die spekulant beweeg, en die spekulant uit geld uit hardloop om die posisie te finansier, word die spekulant gedwing om die posisies te sluit of te verklein. Hierdie aksie sorg gewoonlik daarvoor dat die aandeel dan irrasioneel na ‘n kant toe kan beweeg. Met die daling in Desember het dit ook aan die lig gekom dat van die direkteure van EOH wat ook gespekuleer het in die aandeel ook omkant gevang was.
EOH het intussen mnr Asher Bohbot, ‘n vorige hoof uitvoerende beampte, aangestel om die klem weer op strategiese bestuur te plaas. EOH se Julie 2017 resultate het die maatskappy ‘n 29% toename in bedryfswins rapporteer.
Die daaglikse kersgrafiek het betrekking.
- ‘n Moontlike dubbelhoogte (waarskuwing) is moontlik aan die ontwikkel.
- Die formasie sal bevestig wees wanneer lyn A (R32-01) in ‘n weerstand verander en indien die formasie na onder uitspeel, kan die aandeel na R24-60 oor tyd.
- Die waarskuwingsformasie sal van die tafel verdwyn wanneer die aandeel bo R39 kan konsolideer.
- Lyn A en die 40 week bewegende gemiddelde (R32-01) wag rondom dieselfde vlakke wat die belangrikheid van die vlak beklemtoon. ‘n Konsolidasie onder die 40 week bewegende gemiddelde sal as tegnies negatief ervaar word.
- Vir spekulante – sluit winste vas of gaan kort onder lyn A maar gebruik R39 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum onder R31-18 voortduur, kan die aandeel na R30-85, R29-42, R27-45, R26-41, R25-11 en R24-60.
- Vir medium en langtermyn beleggers – staak akkumulasie en sluit winste vas onder die 40 week bewegende gemiddelde.
Laat weet indien daar enige vrae is
Frans de Klerk[:AF]EOH is Suid Afrika se grootste informasie en kommunikasie tegnologie verskaffer. Gedurende Desember 2017 het die aandeel onder erge verkoopdruk deurgeloop toe spekulante omkant gevang was met die skielike daling en nodeloos van die posisies moes sluit. Wanneer beleggers soms glo dat aandele nie net kan daal of styg nie, neem hulle posisies deur rathefboom finansiering toe te pas. Rathefboom finansiering is nie ‘n probleem wanneer die aandeel in die spekulant se rigting beweeg nie, maar indien dit teen die spekulant beweeg, en die spekulant uit geld uit hardloop om die posisie te finansier, word die spekulant gedwing om die posisies te sluit of te verklein. Hierdie aksie sorg gewoonlik daarvoor dat die aandeel dan irrasioneel na ‘n kant toe kan beweeg. Met die daling in Desember het dit ook aan die lig gekom dat van die direkteure van EOH wat ook gespekuleer het in die aandeel ook omkant gevang was.
EOH het intussen mnr Asher Bohbot, ‘n vorige hoof uitvoerende beampte, aangestel om die klem weer op strategiese bestuur te plaas. EOH se Julie 2017 resultate het die maatskappy ‘n 29% toename in bedryfswins rapporteer.
Die daaglikse kersgrafiek het betrekking.
- ‘n Omgekeerde kop en skouer formasie (positief) is sigbaar. Omgekeerde kop en skouers word soms gesien as “omdraai” patrone wat toekomstige stygings kan inlui, maar dan moet die aandeel bo die neklyn konsolideer.
- Die neklyn van die omgekeerde kop en skouer wag by lyn A (R62-23). Die teiken indien die formasie uitspeel, is R98-90.
- Die 50 dae bewegende gemiddelde (R69-47) en lyn B (R69-78) gee goeie tegniese leidrade deur vir voornemende kopers. Indien die aandeel bo die weerstande van die 50 dag bewegende gemiddelde en lyn B kan konsolideer, kan beleggers aanneem dat die omgekeerde kop en skouer momentum na bo wil kry.
- Vir spekulante – Koop bo lyn B maar gebruik R62-23 sa keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum bo R71-24 toeneem is die teikens na bo R71-82, R72-45, R74-08, R77-10 en R82-30.
- Medium en langtermyn beleggers – Doen dieselfde as die spekulante hierbo.
Laat weet indien daar enige vrae is.
Frans de Klerk[:]