[:en]Fortress B is ‘n eiendomsmaatskappy wat R6,5 biljoen se eiendomme bestuur. Die maatskappy glo dat die portefeulje se waarde tot R25 biljoen kan groei. Hul belegging in Roemenië het hulle goed behandel, met ander woorde die maatskappy verkies ook ‘n swakker Rand. Hulle betaal ‘n goeie dividend (huur inkomste). Die laaste uitbetaling was rondom 7%. Die verlede het bewys dat die eiendomsmaatskappy van die beter betalers van dividende is indien hulle met van die ander eiendomsmaatskappye vergelyk word.
Die weeklikse tegniese grafiek het betrekking.
- Die aandeel worstel met ‘n moontlike dubbelhoogte (waarskuwing). Indien lyn A (R23-93) ‘n weerstand bly, sal die waarskuwing bevestig wees en die aandeel 10/1 na R18-43 neem indien die formasie sy teiken na onder bereik.
- Die aandeel het nou alreeds 2 ander steunlyne gebreek. Hulle is sigbaar by lyn B (R25-57) en lyn C (R24).
- Terwyl die aandeel onder lyn A, lyn B en lyn C beweeg word dit gesien as weerstandslyne en as tegnies negatief beskou.
- Die moontlike klein haarnaaldbooglaagte (moontlik positief) gee die idee deur dat beleggers tog rondom R21 (die laagtepunt van die moontlike haarnaaldbooglaasgte) peusel.
- Bo lyn B (R25-57) kan die aandeel die eerste tekens van herstel na bo gee, hoofsaaklik aangedryf deur die moontlike haarnaaldbooglaagte.
- Onder R21 sal die moontlike positiwiteit van die tafel wees.
- Vir spekulante – koop eers bo R25-57 maar gebruik R21 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum bo R26-89 voortduur kan die aandeel na R27-45, R27-81, R28-56, R29-34, R29-70, R30-34, R30-66, R31-55, R31-89 en R32-34 styg.
- Vir medium en langtermyn beleggers – peusel slegs bo R25-57 maar hou by dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante. (Die grafiek lyk nie baie gunstig nie – ons verwag net ‘n herstel lopie).
Laat weet indien daar enige vrae is.[:AF]Fortress B is ‘n eiendomsmaatskappy wat R6,5 biljoen se eiendomme bestuur. Die maatskappy glo dat die portefeulje se waarde tot R25 biljoen kan groei. Hul belegging in Roemenië het hulle goed behandel, met ander woorde die maatskappy verkies ook ‘n swakker Rand. Hulle betaal ‘n goeie dividend (huur inkomste). Die laaste uitbetaling was rondom 7%. Die verlede het bewys dat die eiendomsmaatskappy van die beter betalers van dividende is indien hulle met van die ander eiendomsmaatskappye vergelyk word.
Die weeklikse tegniese grafiek het betrekking.
- Die aandeel worstel met ‘n moontlike dubbelhoogte (waarskuwing). Indien lyn A (R23-93) ‘n weerstand bly, sal die waarskuwing bevestig wees en die aandeel 10/1 na R18-43 neem indien die formasie sy teiken na onder bereik.
- Die aandeel het nou alreeds 2 ander steunlyne gebreek. Hulle is sigbaar by lyn B (R25-57) en lyn C (R24).
- Terwyl die aandeel onder lyn A, lyn B en lyn C beweeg word dit gesien as weerstandslyne en as tegnies negatief beskou.
- Die moontlike klein haarnaaldbooglaagte (moontlik positief) gee die idee deur dat beleggers tog rondom R21 (die laagtepunt van die moontlike haarnaaldbooglaasgte) peusel.
- Bo lyn B (R25-57) kan die aandeel die eerste tekens van herstel na bo gee, hoofsaaklik aangedryf deur die moontlike haarnaaldbooglaagte.
- Onder R21 sal die moontlike positiwiteit van die tafel wees.
- Vir spekulante – koop eers bo R25-57 maar gebruik R21 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum bo R26-89 voortduur kan die aandeel na R27-45, R27-81, R28-56, R29-34, R29-70, R30-34, R30-66, R31-55, R31-89 en R32-34 styg.
- Vir medium en langtermyn beleggers – peusel slegs bo R25-57 maar hou by dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante. (Die grafiek lyk nie baie gunstig nie – ons verwag net ‘n herstel lopie).
Laat weet indien daar enige vrae is.[:]