[:en]Die Mr Price Groep verkoop klere, huishoudelike en sportware deur middel van eie en konsessie winkels. 80% van hul verkope is deur kontant en die groep wil hierdie beleid voortsit siende dit een van die kenmerkende eienskappe is wat die groep van sy kompetisie onderskei. Hul jongste handelsopdatering vir die 13 weke geeïndig Desember 2017 het 'n verhoging van 8,3% in inkomste gerapporteer. Aanlynverkope het met 12% gestyg. Suid-Afrikaanse verkope het met 8,8% gegroei en nie-SA verkope met 4,8%. Die prys verdienste van 28 is hoër as die res van die mark en die dividendopbrengs van 2,5% is nie so aantreklik nie.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Groete

Frans de Klerk

 [:AF]Die Mr Price Groep verkoop klere, huishoudelike en sportware deur middel van eie en konsessie winkels. 80% van hul verkope is deur kontant en die groep wil hierdie beleid voortsit siende dit een van die kenmerkende eienskappe is wat die groep van sy kompetisie onderskei. Hul jongste handelsopdatering vir die 13 weke geeïndig Desember 2017 het 'n verhoging van 8,3% in inkomste gerapporteer. Aanlynverkope het met 12% gestyg. Suid-Afrikaanse verkope het met 8,8% gegroei en nie-SA verkope met 4,8%. Die prys verdienste van 28 is hoër as die res van die mark en die dividendopbrengs van 2,5% is nie so aantreklik nie.

Laat weet indien daar enige vrae is.

Groete

Frans de Klerk[:]