[:en]Exxaro is een van die voorste swart bemagtigingsmaatskappye in die gediversifiseërde mynbou sektor in die land. Die maatskappy is nou 10 jaar oud. Hulle bestuur 6 steenkoolmyne waarvan hulle Grootegeluk myn een van die mees suksesvolste steenkoolmyne in die wêreld is. Ons verwag hulle 2017 jaarlikse resultate op die 8ste Maart 2018. Tussentydse produksie verslae bevestig dat hul produksie met 8% gestyg het en dat hulle hul kapitale uitgawes met 4% kon verminder het. Hulle het wel genoem dat hulle uitvoere minder kan wees as gevolg van openhoude by die Richard Baai terminaal.
- Die venster tussen R137-66 en R145-50 vang die oog. Die venster het ontstaan as gevolg van die dividend van R12-55 wat die maatskappy onlangs verklaar het en die 5de Maart uitbetaal sal word.
- Terwyl die venster oop is, kan ons aanneem dat die momentum na onder in plek sal wees.
- Daar het egter intussen ‘n kop en skouer formasie (waarskuwing) oor tyd ontwikkel. Lyn A (R133-47) is die neklyn. Indien die neklyn in n weerstand verander, sal die konserwatiewe teiken R115 wees, en die volle teiken indien die formasie uitspeel, sal R102 wees.
- Bo R152 sal die waarskuwing van die tafel wees.
- Vir spekulante – verkoop of oorweeg ‘n kort posisie onder lyn A maar gebruik R138 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die teikens na onder, onder R132 is R129-25, R128-06, R120-05, R118-20, R113-24 and R102.
- Vir medium tot langtermyn beleggers – verminder blootstelling sodra die 200 dae bewegende gemiddelde (R129-39) ‘n weerstand op die weeklikse sluit word.
- Nota – hou ingedagte, dat terwyl die Rand onder R12 teenoor die Amerikaanse Dollar beweeg, sal uitvoerders nie so goed presteer as wanneer die Rand swakker is nie.
Laat weet indien daar enige vrae is
Frans de Klerk[:AF]Exxaro is een van die voorste swart bemagtigingsmaatskappye in die gediversifiseërde mynbou sektor in die land. Die maatskappy is nou 10 jaar oud. Hulle bestuur 6 steenkoolmyne waarvan hulle Grootegeluk myn een van die mees suksesvolste steenkoolmyne in die wêreld is. Ons verwag hulle 2017 jaarlikse resultate op die 8ste Maart 2018. Tussentydse produksie verslae bevestig dat hul produksie met 8% gestyg het en dat hulle hul kapitale uitgawes met 4% kon verminder het. Hulle het wel genoem dat hulle uitvoere minder kan wees as gevolg van openhoude by die Richard Baai terminaal.
- Die venster tussen R137-66 en R145-50 vang die oog. Die venster het ontstaan as gevolg van die dividend van R12-55 wat die maatskappy onlangs verklaar het en die 5de Maart uitbetaal sal word.
- Terwyl die venster oop is, kan ons aanneem dat die momentum na onder in plek sal wees.
- Daar het egter intussen ‘n kop en skouer formasie (waarskuwing) oor tyd ontwikkel. Lyn A (R133-47) is die neklyn. Indien die neklyn in n weerstand verander, sal die konserwatiewe teiken R115 wees, en die volle teiken indien die formasie uitspeel, sal R102 wees.
- Bo R152 sal die waarskuwing van die tafel wees.
- Vir spekulante – verkoop of oorweeg ‘n kort posisie onder lyn A maar gebruik R138 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die teikens na onder, onder R132 is R129-25, R128-06, R120-05, R118-20, R113-24 and R102.
- Vir medium tot langtermyn beleggers – verminder blootstelling sodra die 200 dae bewegende gemiddelde (R129-39) ‘n weerstand op die weeklikse sluit word.
- Nota – hou ingedagte, dat terwyl die Rand onder R12 teenoor die Amerikaanse Dollar beweeg, sal uitvoerders nie so goed presteer as wanneer die Rand swakker is nie.
Laat weet indien daar enige vrae is
Frans de Klerk[:]