[:en]Daar is byna geen analis wat bekommerd is oor die stand van die Amerikaanse ekonomie nie. Die Amerikaanse indeks (SP500) loop nou al vir meer as 500 dae na bo sonder dat daar ‘n korreksie van meer as 5% plaasgevind het. Dit bevestig opwaartse momentum en optimisme jeens daardie markte.

Tegniese analiste is altyd bekommerd as almal te gemaklik is met die stand van sake, want dit is reeds dan wanneer markte skielik kan verbaas met ‘n beweging wat niemand verwag het nie. Goud bly altyd ‘n veilige hawe in tye van onsekerheid.

Goldfields was vir baie lank ‘n dominante goudspeler in die plaaslike mark. Die maatskappy het destyds ontstaan nadat Glencor en Goldfields hulle goudmyn belange saamgesmelt het. Oor die jare het Goldfields meesal in ander lande (Australië, Ghana en Peru) uitgebrei en vandag besit hulle slegs die reuse SouthDeep aanleg in SA. Hierdie kompleks is steeds die kompleks in die wêreld met die grootste beskikbare goud ertsliggaam, maar beleggers is ook al moedeloos want die SouthDeep kompleks het al hope kapitaal ingesluk om te ontwikkel en te bedryf. Hou dus ingedagte dat SouthDeep, terwyl die myn nog uitgebou word, ‘n meulsteen om die groep se nek sal wees, maar as hulle die ou grootte winsgewend kan kry, kan Goldfields letterlik ‘n lieflike goudaandeel word.

Kontak gerus vir enige navrae admin@fransdeklerk.com[:AF]Daar is byna geen analis wat bekommerd is oor die stand van die Amerikaanse ekonomie nie. Die Amerikaanse indeks (SP500) loop nou al vir meer as 500 dae na bo sonder dat daar ‘n korreksie van meer as 5% plaasgevind het. Dit bevestig opwaartse momentum en optimisme jeens daardie markte.

Tegniese analiste is altyd bekommerd as almal te gemaklik is met die stand van sake, want dit is reeds dan wanneer markte skielik kan verbaas met ‘n beweging wat niemand verwag het nie. Goud bly altyd ‘n veilige hawe in tye van onsekerheid.

Goldfields was vir baie lank ‘n dominante goudspeler in die plaaslike mark. Die maatskappy het destyds ontstaan nadat Glencor en Goldfields hulle goudmyn belange saamgesmelt het. Oor die jare het Goldfields meesal in ander lande (Australië, Ghana en Peru) uitgebrei en vandag besit hulle slegs die reuse SouthDeep aanleg in SA. Hierdie kompleks is steeds die kompleks in die wêreld met die grootste beskikbare goud ertsliggaam, maar beleggers is ook al moedeloos want die SouthDeep kompleks het al hope kapitaal ingesluk om te ontwikkel en te bedryf. Hou dus ingedagte dat SouthDeep, terwyl die myn nog uitgebou word, ‘n meulsteen om die groep se nek sal wees, maar as hulle die ou grootte winsgewend kan kry, kan Goldfields letterlik ‘n lieflike goudaandeel word.

Vir verdere navrae kontak ons by admin@fransdeklerk.com[:]