Om kanse te waag op perde is ouer as wat almal kan dink. Perde wedrenne is ‘n baie groot besigheid. Daar word gemiddeld 450 wedrenne gehou per jaar. Phumelela besit die regte om hierdie totalisators te bedryf. Hulle doen nie net plaaslik besigheid nie, maar het ook ooreenkomste met talle ander kontinente. Phumelela is dus in kort ‘n middelman wat die “wed” fasiliteer en ‘n fooitjie hef ongeag of die wedder verloor of wen. Hulle onlangse resultate toon dat hulle verdienste per aandeel met 3% en hul hooflynverdienste met 2% gestyg het. Wat ons oog vang, is dat talle aandele gedurende Januarie 2018 deur van hul direkteure aangekoop is.

  • Sedert Februarie tot nou konsolideer die aandeel. Die konsolidasie bevestig dat ingeligte beleggers tevrede is met huidige stand van sake.
  • Vensters wag na bo tussen R15-01 en R15-49 en tussen R17-24 en R17-50.
  • 'n Moontlike haarnaaldbooglaagte (moontlik positief) wink. Bo lyn A (R15) kan die aandeel probeer om die vensters te sluit.
  • Die sprong in volume (1,1 miljoen aandele) bevestig dat iemand groot gekoop en iemand groot verkoop het. Bo lyn A gaan die koper van die klomp aandele gelukkig wees.
  • Vir spekulante – Koop bo lyn A, maar gebruik R13-90 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die teikens na bo, bo lyn A is R15-01, R15-49, R15-78, R16-44, R16-83, R17-24 en R17-50.
  • Vir medium- tot langtermynbeleggers – doen dieselfde as spekulante maar gebruik dieselfde keerverlies as deurgegee aan spekulante.

Laat weet indien daar enige vrae is

Frans de Klerk