South32 is ‘n gediversifiseerde mynbou en minerale maatskappy is genoteerd in Suid Afrika, Londen en Australië. Die maatskappy het sy ontstaan gehad toe Billiton beskuit om hul Suid Afrikaanse belange apart te noteer. In November 2017 het South32 ook besluit dat hulle soos Anglo American, hulle steenkool besigheid (South African Energy Coal – SAEC) as ‘n aparte sake eenheid sal sien en bedryf. Die prys verdienste van 10 en die dividend opbrengs van 3% is steeds aantreklik.

Hierdie skuif sal in Junie 2018 realiseer. Hierdie aksie kan groter onsekerheid in die aandeelprys skep. Onsekerheid skep geleenthede vir spekulante.

  • ‘n Moontlike dubbelhoogte (waarskuwing) is moontlik aan die ontwikkel.
  • Die formasie sal bevestig wees wanneer lyn A (R32-01) in ‘n weerstand verander en indien die formasie na onder uitspeel, kan die aandeel na R24-60 oor tyd.
  • Die waarskuwingsformasie sal van die tafel verdwyn wanneer die aandeel bo R39 kan konsolideer.
  • Lyn A en die 40 week bewegende gemiddelde (R32-01) wag rondom dieselfde vlakke wat die belangrikheid van die vlak beklemtoon. ‘n Konsolidasie onder die 40 week bewegende gemiddelde sal as tegnies negatief ervaar word.
  • Vir spekulante – sluit winste vas of gaan kort onder lyn A maar gebruik R39 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Indien die momentum onder R31-18 voortduur, kan die aandeel na R30-85, R29-42, R27-45, R26-41, R25-11 en R24-60.
  • Vir medium en langtermyn beleggers – staak akkumulasie en sluit winste vas onder die 40 week bewegende gemiddelde.

Skakel gerus indien daar enige vrae is.

Frans de Klerk