[:en]Banke maak geld wanneer hulle geld uitleen. Die wêreld is gewoont aan uiters lae rentekoerse – inteendeel, in Amerika is die rentekoerse so laag, vir so lank al, dat beleggers nie eens meer dink aan stygende rentekoerse nie. Ingeligte beleggers weet ook dat rentekoerse nie vir altyd net laag bly nie. Die Amerikaanse Federale Raad waarsku al geruime tyd dat hulle oorweeg om rentekoerse te verhoog en het weer gedurende die week rentekoerse met 0,25 basispunte verhoog. Die Amerikaanse ekonomie loop op volle silinders. Lae rentekoerse sal maatskappye wat dus geld op die oomblik uitleen, se winste onder druk hou tot hulle rentekoerse saam met groter banke kan verhoog.
Lending Club Corporation, gestig in 2007, is ‘n spreekwoordelike voorbeeld. Hulle is bekend daarvoor dat hulle kliënte goed sif. Hulle leen geld aan individue as ook aan sake ondernemings. Van hulle lenings dek persoonlike -, studie -, motor en selfs kommersiêle lenings.
Lending Club Corporation (LC) – daaglikse grafiek
- Na die waterval formasie konsolideer wat erge winsneming ingelui het, konolideer die aandeel.
- Vroeë tekens van ‘n dubbellaagte wat as moontlik positief gesien kan word is aan die ontwikkel. ‘n Dubbellaagte word geskep, wanneer ‘n aandeel ‘n laagtepunt opsoek, daarna kop optel, net om daarna weer die laagtepunt te gaan opsoek. Indien die aandeel dan daarvandaan finaal nuwe kopers kan lok, word dit as tegnies positief gesien.
- Die moontlike positiewe formasie sal egter eers bevestig wees wanneer lyn A ($6-20) in ‘n steun verander. Indien die formasie sy volle teiken na bo bereik kan die aandeel terug na $9-10.
- Bo lyn B ($4-30) kan die eerste tegniese positiwiteit sigbaar raak dat ander tegniese beleggers ook die moontlike dubbellaagte identifiseer.
- Vir spekulante – koop bo lyn B, maar gebruik $3-51 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Moontlike teikens na bo is vensters genoem.
- Vir medium en langtermyn beleggers – Koop eers bo lyn A maar hou dan by $5-19 as keerverlies soos deurgegee aan spekulante.
[:AF]Banke maak geld wanneer hulle geld uitleen. Die wêreld is gewoont aan uiters lae rentekoerse – inteendeel, in Amerika is die rentekoerse so laag, vir so lank al, dat beleggers nie eens meer dink aan stygende rentekoerse nie. Ingeligte beleggers weet ook dat rentekoerse nie vir altyd net laag bly nie. Die Amerikaanse Federale Raad waarsku al geruime tyd dat hulle oorweeg om rentekoerse te verhoog en het weer gedurende die week rentekoerse met 0,25 basispunte verhoog. Die Amerikaanse ekonomie loop op volle silinders. Lae rentekoerse sal maatskappye wat dus geld op die oomblik uitleen, se winste onder druk hou tot hulle rentekoerse saam met groter banke kan verhoog.

[:]